Johan Mostert

(Click here for the original letter in English)


 

          Skrywer:

Johan Mostert

 

Koerant 

Die Burger (DB)

Volksblad (VB)

Beeld (B)

Rapport (R)

Datum

 

 

2019/04/15 

 

Opskrif

 B: Uitgewer was liggelowig

Brief Nr. 1

Skrywer: Johan Mostert

Koerant - Datum

Die Burger (DB)

Volksblad (VB)

Beeld (B) - 2019/04/15

Rapport (R)

Opskrif

- B: Uitgewer was liggelowig


Uitgewer was liggelowig

Johan Mostert, Pretoria

Die wyse waarop NB-uitgewers en die skrywer, Chris Steyn, probeer om hulle te verontskuldig oor die Die seuns van Bird Island, is uiters amateuragtig.

Dit getuig van ’n besondere naïwiteit in ’n bedryf waarin onderskeidingsvermoë een van die grootste prioriteite behoort te wees.

NB sê: “Ons ontken ten sterkste dat NB-uitgewers enige inligting of feite in die boek gefabriseer het.”

Beeld berig dat een van die skrywers, Chris Steyn, ’n poligraaftoets geslaag het.

Die vrae wat in die toets gestel is, lei tot dieselfde verweer as waarmee NB vorendag kom.

Uit hul reaksie, lyk dit of nóg die uitgewer nóg die skrywer die kern van die kwessie begryp.

Dit gaan nie daaroor of dit wat hulle gehoor het, korrek weergegee is, of dat hulle stories uit hul duim gesuig (versin) het nie.

Dit gaan oor hul ongelooflike liggelowigheid om ongetoetste snert, wat aan hulle opgedis is, te glo.

Al het ’n mens ook tienduisend stories wat jy gehoor het, “onversin” weergegee, sê dit nog nie dit is die waarheid nie.

Die kern van die polemiek oor die boek, is die vraag of die bedenklike beweringe wat daarin gemaak word, waar is of nie.

Dit gaan nie daaroor of die bronne wat gebruik is, korrek aangehaal is nie. Dit gaan in die eerste en laaste plek daaroor of die bronne die waarheid gepraat het.

Dit gaan met ander woorde oor deeglike bron-evaluasie, wat een van die grondliggende beginsels van die joernalistiek is en wat ook van uitgewers en skrywers van nie-fiksie verwag word.

Pragtige voorbeelde van hoe dit gedoen behoort te word, is die boeke van Jacques Pauw (The President’s Keepers) en Pieter-Louis Myburgh (Gangster State).

Hul boeke wek die indruk van ’n opregte soeke na die waarheid. Dieselfde kan nie van Die Seuns van Bird Island gesê word nie.

Die uitgewer is ’n verskoning aan die publiek verskuldig, nie ’n patetiese verontskuldiging nie.

Die vraag is steeds: Hoekom het ’n gerespekteerde uitgewer hom so om die bos laat lei?

ooooo00000ooooo