Prof. Willie Esterhuyse


(Click here for the original letter in English)


Prof Willie Esterhuyse is a hoogs gerespekteerde en toonaangewende Suid-Afrikaanse skrywer, filosoof en intellektueel.

Sy boeke en geskrifte pryk op die rakke van opvoedkundige biblioteke wêreldwyd, en sy prestasies en leierskapsposisies sluit ‘n verstommende reeks akademiese en lewensdissiplines in.

Sy gesaghebbende bydraes is talryk in kringe waar die kreatiefste breins en innoverendste intellekte saamspan om die verwarrende kwessies van die tyd te ontleed, en waar standaarde gestel word vir morele en etiese norme op ‘n menslike en korporatiewe vlak.

Inderdaad – so gedug soos hy homself nog altyd as bondgenoot en vennoot bewys het, so word hy ook as ‘n gevreesde en vreeslose teenstander gesien. Sy rol in die afskaffing van apartheid staan reeds in geskiedenisboeke opgeteken.

Drie van sy talle toekennings tot dusver, is die volgende: ‘n eredoktorsgraad van die Universiteit van Stellenbosch (2003), die “Order of the Baobab” van die “Business Ethics Network of Africa” (2014) en die RSA Orde van Luthuli (silwerklas, 2003).

Diegene wat sy wysheid en insigte by hul rade of op hul podiums kon inspan, was bevoorreg. Net so indringend en boeiend soos hy van aangesig tot aangesig is, is hy ook met pen en papier.

Toe die Media24-boek “Die seuns van Bird Island” onder sy aandag kom, het prof. Esterhuyse met afgryse op die inhoud gereageer, asook op die ontsaglik onregverdige trauma wat dit die nalatenskappe van drie voormalige ministers en hul families besorg het.

Ewe onthuts was hy oor die minagting wat deur die rade van Media24 en NASPERS vir die voorskrifte van die King IV-verslag betoon is, deur ‘n boek te druk wat so skadelik is vir die reputasie van Tafelberg – ‘n historiese en eens gerespekteerde uitgewer.

Dit het prof. Esterhuyse aangespoor om sy afkeuring te kenne te gee in briewe wat hieronder bygevoeg is, waarvan die laaste twee gesamentlik met dr Chris Jones geskryf is.


   

Brief Nr. 1

   
 

          Skrywer:

Prof. Willie Esterhuyse

 

Koerant 

Die Burger (DB)

Volksblad (VB)

Beeld (B)

Rapport (R)

Datum

2019/04/11 

 

 

 

Brief Nr. 1

Skrywers: Prof. Willie Esterhuyse

Koerant - Datum

Die Burger (DB) - 2019/04/11

Volksblad (VB)

Beeld (B)

Rapport (R)


“Hennie van Deventer, 'n gesoute oud-Nasperser, het al by twee geleenthede in Die Burger se briewe-kolom krities navraag oor die geloofwaardigheid en openbare gevolge van die sensasionele boek, Bird Island, gedoen.

Dit het niks verhelderend opgelewer nie.

Ek wil as getroue Burgerleser en Naspersondersteuner vanaf toeka se dae (Danie van Niekerk het my eerste boek by Tafelberg, Afskeid van Apartheid, in 1979 gepubliseer), my by Van Deventer aansluit en vra: Wat dink die direksie van Media24 van dié onverkwiklike affêre wat nou selfs Carte Blanche gehaal het? Of is daar dalk 'n posisie/verklaring oor dié sensasionele en myns insiens twyfelagtige affêre, asook die belang van goeie korporatiewe bestuur (“good governance”) waarvan ek ongelukkig nie kennis geneem het nie?

Direksies, in terme van die beginsel van korporatiewe verantwoordbaarheid, kan nóg stilbly nóg hande in onskuld was. So, wat sê Media24 se direksie oor dié boek katastrofe?

Ek het 'n voorstel:

Wat my betref: Bird Island is die grootste laagtepunt in Naspers se trotse geskiedenis.

Of is geld nou vir Naspers belangriker as waardes?”

ooooo00000ooooo


   

Brief Nr. 2

   
 

Skrywer:

Prof. Willie Esterhuyse

 

Koerant

Die Burger (DB)

Volksblad (VB)

Beeld (B)

Rapport (R)

Datum

2019/04/15 

 

 

 

Opskrif

DB: “Wat van die Direksie se verantwoordelikheid?” 

Brief Nr. 2

Skrywer: Prof. Willie Esterhuyse

Koerant - Datum

Die Burger (DB) - 2019/04/15

Volksblad (VB)

Beeld (B)

Rapport (R)

Opskrif

- DB: “Wat van die Direksie se verantwoordelikheid?”


“Ek ken van die Tafelberg-personeel wat by die publikasie van die Bird Island-boek betrokke was redelik goed. My waardering vir hulle is nie ’n geheim nie. Hulle is nie sensasionalistiese samesweerders teen Magnus Malan en sy troepe nie.

Ek was ook nie ’n vriend van Magnus Malan nie. En hy ook nie juis opgewonde oor my bestaan nie. Sy broer en suster was wel van die mense vir wie ek die grootste respek gehad het – steeds het.

Magnus Malan ’n pedofiel? Nie in my boek en kennis van hom nie. Myns insiens is Bird Island bloot ’n tipiese sensasionalistiese affêre om maksimum geld te maak en aandag te trek.

Noudat Rapport om verskoning gevra het, is die vraag: Wat van die direksie van Media24? Is dit nie waar die kwessie van korporatiewe verantwoordbaarheid en morele toesig moet begin nie? Dit kan by Media24 tog nie bloot oor syfers handel en nie ook oor morele verantwoordelikheid, korporatiewe toesig en waardes vir goeie korporatiewe beheer nie?

Wat is Media24 se direksie se standpunt oor die boek? ’n Getroue weergawe van Malan en kie se sogenaamde kaskenades? Of hoef die direksie nie daaroor te besin nie?

’n Tweede vraag: Moet die wins wat deur dié boek gemaak is, nie aan die benadeeldes gegee word om aan ’n “goeie organisasie” van hul keuse te skenk nie? En wat van die betalings aan die skrywers van die fopboek? Dit behoort teruggeëis te word.

Of moet ons maar genoeë daarmee neem dat Media24 fopboeke aanvaar solank dit geld maak?”

ooooo00000ooooo


   

Brief Nr. 3

   
 

Skrywer:

Prof. Willie Esterhuyse

 

Koerant

Die Burger (DB)

Volksblad (VB)

Beeld (B)

Rapport (R)

Datum

 2020/03/13

 

 

 

Opskrif

DB: “Meet Bird Island boek aan die King verslae” 

Brief Nr. 3

Skrywer: Prof. Willie Esterhuyse

Koerant - Datum

Die Burger (DB) - 2020-03-13

Volksblad (VB)

Beeld (B)

Rapport (R)

Opskrif

- DB: “Meet Bird Island boek aan die King verslae”


“Die Tafelberg Uitgewers-debakel oor die “topverkoper” Die seuns van Bird Island, kan met die beste wil ter wêreld nie verontagsaam word nie.

Die regstegniese maneuver om vir Barend du Plessis om verskoning te vra, maar te dreig met ander toepaslike stappe as meerdere aksies volg, is só ’n arrogante skop teen veral King IV se aanbevelings dat ’n mens die vraag moet vra: Is daar ’n verskil tussen wat Tafelberg aangevang het en die maneuvers van Steinhoff?

Albei het mos geld gemaak deur basiese beginsels van die King-verslae te verontagsaam?

Ek vra verskoning indien ek vanweë ouderdomsprobleme nie die ding meer goed verstaan nie. Ook met fopboeke. The Boys of Bird Island was myns insiens ’n fopboek, sónder enige klinkklare bewysmateriaal.

My eenvoudige vraag is: Indien King IV onder meer op morele leierskap en verantwoordelike burgerskap fokus, het die vername direksie van NB hieroor gepraat, en indien wel, wat was die direksie se besluit?

Die direksies moet mos ná King finale verantwoordelikheid neem vir goeie korporatiewe bestuur, morele leierskap en verantwoordelike burgerskap. Dit sluit, myns insiens, regstegniese maneuvers uit. Of nie?

So, was Tafelberg se “verskoning” ’n voldoening aan die King-verslae se standpunt oor goeie korporatiewe beheer, bestuur, morele leierskap en verantwoordelike burgerskap?

Geen wonder dat die land in die situasie is waarin hy hom tans bevind nie!”

ooooo00000ooooo


Chris Jones

“Chris Jones was bykans 20 jaar lank ‘n predikant in Ceres, voordat hy en sy gesin aan die begin van 2008 Stellenbosch toe getrek en hy die Eenheid vir Morele Leierskap in die Teologiese Fakulteit gevestig het. Hy is tans Hoof van die Eenheid en navorsingsgenoot in die dissiplinegroep vir Systematiese Teologie en Ekklesiologie. Hy lewer gereeld referate by konferensies en het reeds etlike boeke, hoofstukke en artikels die lig laat sien. Hy is betrokke by etlike gemeenskapsontwikkelingsprojekte”.




   

Brief Nr. 4

   
 

 Skrywers: Prof. Willie Esterhuyse & Dr Chris Jones

 

Koerant

Die Burger (DB)

Volksblad (VB)

Beeld (B)

Rapport (R)

Datum

 

 

 

2020-04-12

Brief Nr. 4

Skrywers: Prof. Willie Esterhuyse & Dr Chris Jones

Koerant - Datum

Die Burger (DB)

Volksblad (VB)

Beeld (B)

Rapport (R) - 2020-04-12


“Ons het, na aanleiding van die boek Die Seuns van Bird Island en oudminister Barend du Plessis se artikel verlede week op hierdie blaaie, ’n paar vrae aan die uitgewer Tafelberg en die direksie van Media24.

Anders as Rapport se verskoning, is die verskoning van Tafelberg Uitgewers, na ons en vele ander se opinie, absoluut ontoereikend. Die uitgewer erken wel wat die boek betref dat die “gewraakte stellings [daarin] nie onafhanklik geverifieer [kon] word nie”. Maar tog word hul verskoning aan slegs Barend du Plessis (en sy familie) gerig. Hoekom?

Kon die gewraakte stellings rakende mnre. Magnus Malan en John Wiley dan wel onafhanklik geverifieer word? En waarom is derduisende lesers wat deur hierdie boek mislei is, nie ook om verskoning gevra nie? Is dit nie ’n skending van hul regte nie? ’n Uitgewer het tog ’n verantwoordelikheid teenoor sy lesers?

Enkele dae voor die publikasie van hierdie boek het Mark Minnie aan sy mede-skrywer asook redakteur/uitgewer geskryf dat daar nie konkrete bewyse was dat enige van die drie geïmpliseerde ministers ’n slagoffer seksueel gemolesteer het nie. En volgens die ondersoekende joernalis Jacques Pauw is die naam van Malan nie een keer in die eerste twee manuskripte van die boek wat deur Minnie geskryf is, genoem nie.

Moes dit nie gevaarligte laat flikker nie? ’n Gesoute uitgewer behoort tog altyd onder sulke omstandighede te vra: Hoe gaan ek die waarheid die beste dien met die minste moontlike skade?

Verder wil ons weet wat die direksie van Media24 gaan doen op grond van hulle morele verantwoordelikheid, asook korporatiewe toesig en beheer, soos uiteengesit in King IV wat deur Media24 onderskryf word.

Wat is die direksie van Media24 se standpunt oor die boek? En nog: Hoeveel kopieë van hierdie boek is verkoop? Hoeveel wins is gemaak? Watter vorm van herstellende geregtigheid/restitusie, veral teenoor die Du Plessis-familie vir wie daar spesifiek verskoning gevra is, word beplan? En wat van die tantieme wat uitbetaal is aan die skrywers? Behoort dit nie teruggeëis te word nie? Die onttrekking van die boek, ná die uitgewer se verskoning, blyk tog ’n skulderkentenis te wees, nie waar nie?

En ten slotte: Onderskryf die direksie Tafelberg se verskoning – veral waar hulle sê dat “enige poging om die boek en sy inhoud te diskrediteer in die toepaslike forum verdedig (sal word)”? Hoe is dit moontlik in die lig van eedverklarings dat dit wat in die boek beweer word, onmoontlik kon gebeur het?

Vir ons verteenwoordig hierdie boek ’n laagtepunt in die Suid-Afrikaanse en Afrikaanse uitgewersbedryf. Dit het die reputasie, handelsmerkwaarde, openbare beeld van vertroue en histories-onberispelike integriteit wat oor jare opgebou is onder die Tafelberg uitgewersnaam, erg geskaad”.

ooooo00000ooooo


   

Brief Nr. 5

   
 

Skrywers: Prof. Willie Esterhuyse & Dr Chris Jones

 

Koerant

Die Burger (DB)

Volksblad (VB)

Beeld (B)

Rapport (R)

Datum

 

 

 

2020-05-31

Brief Nr. 5

Skrywers: Prof. Willie Esterhuyse & Dr Chris Jones

Koerant - Datum

Die Burger (DB)

Volksblad (VB)

Beeld (B)

Rapport (R) - 2020-05-31


“Ons het met (beperkte) waardering kennis geneem van die jongste twee verskonings deur Tafelberg Uitgewers en Media24 na aanleiding van die omstrede boek Die seuns van Bird Island.

Alhoewel die regstegniese aspekte rakende hierdie saak belangrik is – veral vir die partye wat deur hierdie boek te na gekom is – kan ons ons uiteraard nie hieroor uitlaat nie.

Ons besorgdheid en kommer lê op ʼn ander vlak, naamlik dié van korporatiewe toesig en beheer, soos uiteengesit in die King IV-verslag wat deur Media24 en Naspers onderskryf word.

Om daaruit aan te haal: “Accountability cannot be delegated, whereas responsibility can be delegated without abdicating accountability for that delegated responsibility”.

Ons vra daarom graag die volgende van die direksie van Naspers – wat uiteindelik aanspreeklik vir hierdie publikasie bly en waar die spreekwoordelike buck moet stop: Is u, ter wille van deursigtigheid, bereid om alle betrokke inligting/besluite/omstandighede rakende die publisering van hierdie boek bekend te maak ter wille van al die belanghebbendes? Indien nie, waarom nie, veral in die lig van King IV en ander tersaaklike maatskappyregtelike bestuursprosesse? Wat gaan u doen om te verseker dat so iets nie weer gebeur nie?

Is u bereid om te sorg dat alle verwysings na hierdie publikasie so volledig moontlik van die internet verwyder word, ongeag die koste – en tot die bevrediging van die families ter sprake?

Is u bereid om vir al die lesers wat hierdie boek gekoop en gelees het (vermoedelik ongeveer 62 000 eksemplare) onvoorwaardelik om verskoning te vra? Hulle het immers miljoene rande aan die boek bestee.

Benewens die noodsaaklike en regmatige finansiële restitusie aan mnr. Barend du Plessis (en sy familie), sal ʼn positiewe reaksie op bogenoemde drie kwessies bydra om die menswaardigheid te herstel van die partye op wie hierdie boek ʼn smet gelaat het – en so ook op die reputasie, handelsmerkwaarde, openbare beeld en historiese integriteit van Naspers”.

ooooo00000ooooo