Maritz Spaarwater

(Click here for the original letter in English)


   

Brief Nr. 1

   
 

          Skrywer:

Late Maritz Spaarwater

 

Koerant 

Die Burger (DB)

Volksblad (VB)

Beeld (B)

NETWERK24

Datum

 

 

 

2018/08/15 

Opskrif

 Ondersoek na skrywer kan help;

Ondersoek na skrywer kan help

Deur Maritz Spaarwater, Onrusrivier, 15 Augustus 2018:

Brief Nr. 1

Skrywer: Late Maritz Spaarwater

Koerant - Datum

Die Burger (DB)

Volksblad (VB)

Beeld (B)

Netwerk24 - 2018/08/15

Opskrif

- Ondersoek na skrywer kan help


Ek deel Hennie van Deventer van Melkbosstrand se verontwaardiging (10.08) oor die postmortem-sluipskietery op Magnus Malan.

In afwagting van enige geloofwaardige inligting wat kan uitkom, dink ek dat dit ’n skandelike sameflansing is van innuendo en onbevestigbare verdigsels deur ’n obskure oud-speurder en die mede-eienaar van ’n ewe obskure boekwinkeltjie in Hermanus.

As oud-genl. Gert Opperman en die Malan-familie ’n strafregtelike klag sou indien teen die skrywers, Tafelberg, Media24 en die nog meer obskure en opportunistiese “Mnr. X” en Maygene de Wee, bied ek graag my dienste as se¬nior oud-staatsaanklaer kosteloos aan om so ’n saak te voer.

Ek glo die genoemde partye sal daarvan bewus wees dat in sulke gevalle getuies ingevolge strafwetgewing gedwing kan word om te getuig.

Watter pret sou dit nie kon wees om die genoemde partye onder kruisondervraging te neem nie!

Een van my eerste vrae aan die skrywers en Media24 sou wees: Wie het wat aan die handige, skielike “pop-up”-getuie, Mnr. X, betaal vir sy vertraagde ontboeseming, terwyl die ooglopendste gebrek, onder talle ander, in Die seuns van Bird Island die afwesigheid van enige objektiewe getuienis is?

Ek ondersteun ook Van Deventer se voorstel van ’n ondersoek na die agtergrond van “baasspeurder” Mark Minnie, maar wil daarby voeg ook na die prestasies van Chris Steyn as “ondersoekende” joernalis, nie as heksejag nie, maar om oningeligte lesers soos ek ’n objektiewe maatstaf te gee van hoe haar uitset beoordeel behoort te word.

Ek het nie voorheen van haar in hierdie hoedanigheid geweet nie, maar wel as die mede-eienaar van ’n skynbaar sukkelende boekwinkel wat sekerlik sou kon doen met die handige inkomste wat uit die publikasie vanuit ’n sensasiebeluste lesersgroep ingewin kan word.

Ek vermoed dat Mnr. X seker ook in hierdie meevallertjie sou kon deel.

Laastens, die belangrikste vraag aan Media24, Tafelberg en Die Burger: Is Son-standaarde van joernalistieke integriteit en goeie smaak nou die norm by die eens gesiene groep, uitgewer en koerant?

ooooo00000ooooo