KLAAS VROLIK

Ek, Klaas Piet Vrolik, ID nr 610517 5237 081, woonagtig en werksaam as Opsigter te Heide Stand, verklaar hiemee onder eed:

Ek is al vir die afgelope een-en-twintig jaar die opsigter en onderhoudbestuurder te Heide Strand. Ek woon binne die kompleks soos my adres aandui. Daar is net tien huise. Almal daar ken mekaar goed. My huis is die eerste huis soos mens by die hek inkom. Die toegang tot die kompleks is beveilig. Mens kan net inkom by die hek deur vooraf te reël met my of een van die eienaars. Die enigste toegangs pad is so dat alle besoekers moet verby my huis ry.

Op Vrydag 10/08/2018 gedurende my middag ete breek, het ‘n bruin vrou by my huis gestop met ‘n silver motor wat deur ‘n swart man bestuur was. Ek het aangeneem dat sy wettig toegang verkry het. Sy het het gesê sy is van die koerant maar nie gesê watter koerant nie en het ook nie haar naam gegee nie. Sy het gevra of sy hoër op teen die heuwel kan gaan om fotos van bo af te neem van Mnr Barend se huis. Ek het gevra hoekom toe vertel sy my want dit is die huis waar Barned du Plessis en ander Ministers bruin en swart seuns heen gebring het met militêre helikopters en lelike sekseuele dade met hulle gepleeg het. Sy het verwys na die bruin seuns as “ons” mense. Sy het my ook vertel dat Mnr Barend en ander Ministers die seuns na Bird Island toe gevlieg het met militêre helikopters. Ek het niks daarvan geweet nie. Ek het toestemming geweier en gesê sy moet die plek verlaat.

Ek het die vrou se besoek aan Mnr Barend rapporteer. Hy het toe vir my ‘n foto gestuur en gesê die vrou op die foto is Mygene de Wee van die Rapport koerant. Ek het haar herken as dieselfde vrou wat op Heide Strand met my gepraat het.

Ek is vertroud met die inhoud van hierdie verklaring.

Ek het geen beswaar teen die aflegging van die voorgeskrewe eed nie.

Ek beskou die voorgeskrewe eed as bindend op my gewete.


Klaas Piet Vrolik